Geskiedenis van CVO Magalies

Bekendstelling en geskiedenis van ons skool.

CVO Magalies het in Januarie 1995 as privaatskool tot stand gekom aan die hange van die Magaliesberg in Akasia, Pretoria.

In die daaropvolgende jare vestig die skool ryk tradisies en neem leiding op akademiese, sport- en kultuurgebiede. Die skool word ‘n baken wat ‘n aktiewe rol in die gemeenskap speel. Gemeet aan die besondere matriekuitslae, styg die skool uit as ‘n uitsonderlike opvoedkundige inrigting. Verskeie faktore speel ‘n rol in hierdie suksesverhaal:

  • Die uitnemende bestuurstyl van die bestuurskorps
  • Effektiewe finansiële bestuur
  • Die uitstekende kwaliteit van ons toegewyde personeelkorps
  • Die deursettingsvermoë van ons leerlinge

Ons sien met verwagting uit na ‘n toekoms gerugsteun deur die sukses van die verlede.