Buitemuurse Aktiwiteite by CVO Magalies

Benewens die hoë gehalte akademiese verrigtinge wat die skool handhaaf, is daar ook ‘n veelsydige aantal sport- en kultuurbedrywighede. Die buitemuurse aktiwiteite dra by dat leerlinge afgeronde en nuttige opvoeding kry, wat hulle voorberei vir die toekoms as bydraende volwassenes en goeie leiers.

Nog heerlike verrigtinge wat die skool dus aanbied om daardie doel te bereik is:

  • Avontuuruitstappies
  • Bybelvasvra
  • Debat
  • Drama
  • Koor
  • Kunsklas
  • Opvoedkundige toere
  • Daguitstappies
  • Koekbakkompetisies
  • Wiskunde Olimpiades
  • Woemadag – Kunswedstryd
  • Voëlverskrikkerbou
  • Kettiebou
  • Sport – Atletiek, Landloop, Netbal en Rugby

Jaarlikse Veldskoolkamp – Vet pret vir almal wat dit bywoon!

Kyk by Vakke vir meer inligting oor die hoofvakke wat by die skool aangebied word.